GIDEON SE HOENDER, SPINASIE EN SAMPIOEN BRAAI PASTEI
- 250 g gaar hoender, gepluis
- 250 g sampioene, gekap
- 1 opgekapte ui
- 1 koppie gerasperde Chedder kaas
- 8 spinasie blare, gekap
- 2 velle skilferkorsdeeg
- 1 eier, geklits
Braai die sampioene en uie tot gaar.
Plaas die een helfte deeg op die rooster op foelie en plaas ‘n lagie blare op, plaas ‘n lagie kaas daarop.
Plaas dan ‘n lagie hoendervulsel, uie en weer ‘n lagie blare, gevolg deur ‘n lagie kaas.
Plaas dan die ander helfte van die deeg bo-op en knyp die rante wat met ‘n geklitste eier gesmeer is, toe.
Smeer beide kante met eier en braai op stadige kole vir ongeveer 1 uur tot gaar.
Hou dit maar dop, want dit brand maklik.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw