GIDEON SE HEIMWEE LEWERKOEKIES
Hi almal hierdie is my heimwee lewerkoekies.
- 500 g skaaplewer skoongemaak en velle afgetrek en in klein blokkies gesny
- 1 ui, fyn gekerf
- 1 teelepel peper
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel chillie vlokkies
- 1 eetlepel sojasous
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- ¾ koppie fyn broodkrummels
- 2 klein eiers
- olie vir vlakbraai
Voeg alles saam in ‘n mengbak en meng goed.
Verhit olie in ‘n pan en voeg kleinerige skeppies op ‘n slag in die warm olie en bak vir omtrent 2 of 3 minute aan ‘n kant tot lekker bruin en gaar.
Moenie te gou omdraai nie, anders kan dit uitmekaar val.
Moenie te lank bak nie, dit raak bitter en lewer is gou gaar.
Ek hou van die growwe tekstuur, daarom het ek dit nie gemaal nie, maar in klein stukkies gesny.
Dit was sommer ghoofies.
Resep en foto: Gideon Louw