Your Recipe Blog

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES “HASH BROWNS”

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES “HASH BROWNS”

Ekt gistraant die hash browns gemaak sommer net vir ietsie voor ons braai.
  • 3 geskilde aartappels, gerasper
  • 2 eetlepels Maizena
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel peper
  • 1 eetlepel gerookte paprika
  • olie vir vlak braai

Meng alles saam en skep ‘n eetlepel vol op ‘n slag in die pan en druk effens plat.
Bak in vlak olie vir ‘n paar minute aan ‘n kant.
Haal uit en pak op kombuispapier tot alles gebak is en dit bedien gaan word.
Ons het dit sommer gesmeer met ‘n doopsous en geniet en was djeeeerlik.

Resep en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page