GIDEON SE GROENTEROLLETJIES
- 1 medium aartappel, geskil en gerasper
- 1 medium ui, geskil en fyn gerasper
- 1 wortel, geskil en fyn gerasper
- ½ teelepel rissievlokkies
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel droë pietersielie
- 1½ koppie gerasperde chedder kaas
- 3 eetlepel maaskaas salm geur
- 1 halwe pakkie filo deeg wat gehalveer is met ander woorde dit is 16 stukkies filo deeg wat omtrent 200 mm by 200 mm groot is en twee-twee dubbeld gebruik word. Smeer met gesmelte botter tussen elke laag.
Meng die kase en groente saam met die speserye en voeg sout en peper na smaak by.
Plaas omtrent 2 eetlepels van die mengsel op die punt van die dubbel lagie deeg en vou die randte om en rol dit op.
Smeer die punte van die deeg met ‘n bietjie geklitste eier en bedek met ‘n klam doek om uitdroging te voorkom.
Ek’t dit gebak in my rooi pannetjie, in warm olie vir omtrent vyf min aan ‘n kant of tot goudbruin oppie kole.
Resep en foto: Gideon Louw