GIDEON SE GEROLDE PORK BELLY
Resep en foto: Gideon Louw
En toe vat ons die vark aan, ekt ‘n pork belly by ons PnP slagter gevra en kry toe die lekkerste stuk vleis ooit. Ek’t myne netso ge-eet maar vroulief het hare saam met gestoofde kweper ge-eet.
- gesmoorde uie
- gekarameliseerde rooikool
- sout en peper na smaak
- Jimmy sous
- Hoeveelhede is na smaak.
- Plaas die pork belly oop op ‘n oppervlak en versprei die uie, kool en sout en peper daaroor.
- Rol die pork belly op van die kort kant af, bind goed vas met ‘n tou.
- Braai stadig op skerperige kole deur dit gereeld te draai en af en toe met Jimmy’s sous te smeer.
- Braai tot gaar en bedien.
Category:


