Your Recipe Blog

GIDEON SE FRIKKADELSOSATIES

Recipe by
60 minutes
Prep: 30 minute | Cook: 30 minute | Servings: 6

GIDEON SE FRIKKADELSOSATIES

En so lyk my kebabs na ‘n halfuur op stadig kole en gesmeer met sy sousie soos genoem. En heerlik was dit beslis. Ek het hierdie kebabs gemaak vir bedien saam met lamsribbraai.

  • 12 klein aartappeltjies, tot amper gaar gekook en afgeskil
  • ±400 g wors (ontvel) van jou keuse, om 12 klein frikkadelletjies mee te maak
  • 1 eier en bietjie broodkrummels
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 ui, in kwarte gesny en uitmekaar gehaal
  • 6 sosatie stokkies
  • Smeermengsel:
  • 30 ml blatjang
  • 20 ml olyfolie
  • 20 ml tamatiesous
  • 1 eetlepel suiker

Meng die eier, krummels en vleis en vorm frikkadelletjies.
Ryg die rissies, uie, frikkadelle en aartappels om die beurt op ‘n sosatie-stokkie en herhaal tot die stokkies vol is.
Meng die smeermengselbestanddele.
Braai die sosaties op die kole en smeer met die smeermengsel terwyl dit braai.

Foto en resep:  Gideon Louw

Category:

One Review

  1. Wadi Wadi

    Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page