GIDEON SE DRIEHOEKBROODJIES OP DIE VUUR
Ek het gistraant vir ‘n oudurfie hierdie brooitjie gemaak en was djeeerlik
- 2 gaar frikkadelle
- 6 sny brood sonder kante
- soetrissie sous
- 1 koppie kaas
- 2 eiers, geklits
- broodkrummels
Daar was twee gaar frikkadelle wat ek fyn gemaak het.
Neem die snye brood waarvan die korsies afgesny is en rol dit plat met ‘n koekroller.
Smeer die binnekant met soetrissie sous maar nie oppie rante nie.
Klits die eiers effe en smeer die rante van die brood daarmee.
Rasper ‘n bietjie kaas en meng dit saam met die frikkadelvleis en plaas op elke sny brood in die middel ‘n bietjie van die mengsel.
Vou die brood oorhoeks sodat dit ‘n driehoek vorm en druk die rante vas met ‘n vurk.
Rol die broodjies dan in geklitste eier en daarna in fyn broodkrummels.
Laat staan ‘n rukkie in die koelkas en bak in vlak warm olie aan beide kante tot mooi goud bruin.
Ek het sommer my rooi pannetjie oppie kole ingespan.
Dit is heerlik saam met ‘n doopsous van jou keuse.
Resep en foto: Gideon Louw