GIDEON SE BRUINPOEDING OP DIE KOLE
Ek het die naweek die poeding oppie kole in my swartpotjie gemaak toe maak iemand my attend op die hart wat vanself op die poeding gevorm het, nou kan ek sê dit is met baaasie liefde gemaak anders sou die hart nie vanself gevorm het nie heheheeeeeeeek.
Bruin poeding oppie kole gemaak saam met roomys.
- Beslag:
- ½ koppie botter
- ½ koppie suiker
- 2 eiers
- 2 groot eetlepels appekooskonfyt
- 1 ½ koppies koekmeel
- 1 teelepel gemmer
- 1 teelepel koeksoda
- 1 koppie melk
- knippie sout
- Stroop:
- 4 koppies water
- 1 koppie suiker
- 1 eetlepel botter
- ½ teelepel kaneel
Klop die botter en suiker, voeg eiers by en klop goed. Voeg konfyt by en meng goed.
Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met melk by bottermengsel.
Los koeksoda in ‘n bietjie melk op en voeg by.
Bring die stroop bestanddele tot kookpunt en gooi in ‘n swartpot.
Skep die beslag in die stroop en moenie roer nie. Sit die deksel op.
Bak op matige kole onder die pot en paar kole op die deksel vir ‘n uur tot deur gaar.
Bedien saam met roomys of vla.
Foto en Resep: Gideon Louw