Your Recipe Blog

GIDEON SE BRAAI “PIE”

GIDEON SE BRAAI “PIE”

Ek en vroulief het hierdie lekker lekker braai paai saamgeslaan vir ‘n oudurfie en dit was baaaaaie lekker!

  • 1 rol skilferkors deeg (puff pastry)
  • ¾ blikkie gekerfde sampioene
  • spinasieblare
  • 1 pakkie spek, in klein stukkkies gesny
  • 1 ui, gekerf en gesoteer saam met die spek
  • 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
  • 1 eier, geklits om mee te smeer

Rol die deeg uit tot 1/3 groter en plaas dit op die rooster op gespuite foelie.
Begin in die middel en pak spinasie blare op die een helfte van die deeg.
Skep dan die spek en uimengsel op die blare, gevolg deur ‘n lagie sampioene.
Sprinkel ‘n koppie gerasperde kaas bo-oor en vou die ander deel van die deeg bo-oor die vulsel nadat die rante met geklitste eier gesmeer is.
Druk die rante vas met ‘n vurk en smeer met die res van die eier.
Plaas die foelie kant op matige kole en draai onmiddelik versigtig om en verwyder die foelie. Braai ‘n rukkie en draai versigtig om en druk die deeg terug as dit dalk vassit aan die rooster.
Draai dit gereeld met tussenposes sodat dit nie brand of skroei nie.
Braai vir omtrent 45 min tot die deeg mooi egalig bruin en gaar is deur dit gereeld te draai.
Hmmmm dis djeeerrlik!

Resep en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page