Your Recipe Blog

GIDEON SE BOTTERSKORSIESOP

Recipe by

GIDEON SE BOTTERSKORSIESOP

As julle nou weer jul hand kan lê op ‘n botterskorsie, probeer gerus hierdie heeeeerlike romerige botterskorsiesop. Ons het dit saam met ‘n baster French toast geniet wat net kaas opgehad het, wat die sop vreeslik gekomplimenteer het.
Sjooeeeee dit was baaaaie lekker en dis nog koud ook.

  • 1 kg botterskorsie, geskil en in 10 mm blokkies gesny
  • 2 uie, geskil en gekerf
  • 3 kleinerige aartappels, geskil en vir 10 minute vooraf gekook (sommer in mikrogolfoond op medium en dan in blokkies gesny)
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels Aromat
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 eetlepel botter
  • 250 ml vloeibare room
  • 600 ml hoenderaftreksel (2 blokkies aftreksel opgelos in 600 ml warm water)

Soteer die uie tot glaserig in die botter.
Voeg die aartappel blokkies by en prut vir 5 minute.
Voeg die botterskorsie blokkies, aftreksel en geurmiddels by. Laat prut vir 15 minute.
Laat effens afkoel en verpulp alles in ‘n voedselverwerker.
Verhit dan weer die mengsel stadig en voeg die room by en laat prut tot lekker warm.
Dien warm op en spuit ‘n bietjie oorblywende room oor jou koppie sop vir mooi lyk.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

One Review

  1. Wilma Scott
    Ek het butternut sop gemaak (al is dit somer en seker nie “sop” weer nie) , Gideon Louw se resep gebruik.
    Dit het super lekker gekom!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page