Your Recipe Blog

GIDEON SE BOONTJIESOP

Recipe by
Cook: 5 ure + 15 minute

GIDEON SE BOONTJIESOP

My vroulief het vandag die lekker boontjiesop gekook en dit was djeerlik en lekker dik met baie substansie, want ek hou van ‘n lekker dik sop.

  • 1 kg spikkelboontjies, vooraf geweek vir 1 uur
  • 250 g potjiekos varkvleis, in stukkies gesny
  • 2 uie, geskil en gekerf
  • ½ koppie gekapte seldery
  • 200 g spek stukkies
  • 4 lourierblare
  • 2 eetlepels gekapte knoffel
  • 2 gerasperde aartappels
  • 3 gerasperde wortels
  • 4 ekstrak blokkies
  • 1 ½ eetlepels rissievlokkies
  • 2 eetlepels gemenge kruie (Italian)
  • 1 eetlepel swartpeper
  • 4 eetlepels Worcestersous
  • 5 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels sout

Braai die uie, seldery, spek, lourierblare en knoffel in ‘n groot genoeg pot.(Ek gebruik ‘n 5 liter pot)
Voeg die varkvleis by en braai tot die vleis verbruin.
Voeg die aartappels, wortels, boontjies, ekstrak blokkies en genoeg water by om al die bestanddele in die pot te bedek. Die water is so 3 cm van bo af.
Voeg die rissievlokkies, kruie en swartpeper by en laat prut die sop stadig vir 5 ure.
Druk die boontjies fyn met ‘n aartappel drukker.
Voeg die suiker, Worcestersous en sout laastens by en laat prut die sop vir 15 minute.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page