Your Recipe Blog

GIDEON SE BOELIEBIEFGEREG

GIDEON SE BOELIEBIEFGEREG

‘n Lekker boeliebief ietsie op ‘n skeppie “mash” vir aandete, saam met ‘n skorsie met kaneel en suiker.
Was baie lekker voorberei deur vroulief Rinie.

  • 1 ui, gekerf
  • ½ groen soetrissie, gekerf
  • 1 stingel seldery, gekerf
  • 1 blikkie boeliebief, fyn gedruk
  • kruie / speserye na smaak
  • 1 eetlepel sampioensoppoeier
  • 2 teelepels suiker

Smoor die ui, soetrissie en seldery in ‘n pan op die stoof.
Voeg boeliebief by en prut saam.
Voeg die kruie / speserye soos verkies, die soppoeier en suiker by en roer deur.
Kook nog ‘n paar minute vir alles om net lekker gaar te word.
Dien op saam met kapokaartappels.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page