Your Recipe Blog

GIDEON SE BLOMKOOL PIZZA

GIDEON SE BLOMKOOL PIZZA

Ons het vir middagete sommer ‘n blomkool pizza gemaak en was djeeerlik!

  • 1 medium groot blomkool
  • 1 koppie gesmoorde uie
  • 1 koppie vol gaar gemaakte bacon bits
  • ¼ koppie Parmasaan kaas
  • 2 koppies Mozzarella kaas
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel Italian herbs
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel peper
  • 2 eetlepels tamatiesous, tuisgemaak
  • basil vir garnering

Verwerk die blomkool tot fyn in ‘n voedselverwerker en plaas in mikrogolf oond bestante bak en maak gaar in die mikrogolf oond op hoë hitte vir 6 min.
Keer dit dan op ‘n skoon droë doek uit en draai alle water uit die pulp tot droog.
Plaas dit dan in ‘n mengbak en voeg die Parmasaan kaas en een koppie Mozzarella kaas asook die eier, sout en speserye en peper by en meng alles goed saam.
Berei ‘n plat oondpan met bakpapier daarop voor en giet die mengsel daarop.
Druk nou die mengsel plat sodat dit ‘n ± 250 mm deursnee sirkel vorm omtrent oral ewe dik.
Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 220 ºC vir 10 tot 15 min tot mooi bruin.
Smeer dan die tamatiesous oor gevolg deur ‘n lagie gesmoorde uie en gevolg deur ‘n lagie spek.
Strooi dan die ander koppie Mozzarella kaas bo oor en plaas terug in die oond en “grill” vir omtrent 5 tot 10 min tot die kaas lekker bros en bruin is. Plaas op ‘n snybord en garneer met roket blare.
Sny in driehoeke met ‘n skerp mes en geniet.
Onthou om die bakpapier te verwyder. 🙂

Foto en resep: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page