GIDEON SE BLOMKOOL PIZZA
Foto en resep: Gideon Louw
Ons het vir middagete sommer ‘n blomkool pizza gemaak en was djeeerlik!
- 1 medium groot blomkool
- 1 koppie gesmoorde uie
- 1 koppie vol gaar gemaakte bacon bits
- ¼ koppie Parmasan kaas
- 2 koppies Mozzarella kaas
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel Italian herbs
- 1 groot eier
- 1 teelepel peper
- 2 eetlepels tamatiesous, tuisgemaak
- basil vir garnering
- Verwerk die blomkool tot fyn in ‘n voedselverwerker en plaas in mikrogolf oond bestante bak en maak gaar in die mikrogolf oond op hoë hitte vir 6 min.
- Keer dit dan op ‘n skoon droë doek uit en draai alle water uit die pulp tot droog.
- Plaas dit dan in ‘n mengbak en voeg die Parmasan kaas en een koppie Mozzarella kaas asook die eier, sout en speserye en peper by en meng alles goed saam.
- Berei ‘n plat oondpan met bakpapier daarop voor en giet die mengsel daarop.
- Druk nou die mengsel plat sodat dit ‘n ± 250 mm deursnee sirkel vorm omtrent oral ewe dik.
- Bak dit in ‘n voorverhitte oond op 220 ºC vir 10 tot 15 min tot mooi bruin.
- Smeer dan die tamatiesous oor gevolg deur ‘n lagie gesmoorde uie en gevolg deur ‘n lagie spek.
- Strooi dan die ander koppie Mozzarella kaas bo oor en plaas terug in die oond en “grill” vir omtrent 5 tot 10 min tot die kaas lekker bros en bruin is. Plaas op ‘n snybord en garneer met roket blare.
- Sny in driehoeke met ‘n skerp mes en geniet.
- Onthou om die bakpapier te verwyder.
Category:

