GIDEON SE BILTONG EN SKORSIEGEREG
My en vroulief se skorsie gereg vir die skorsie kompetisie.
As ek wen wil ek nie die prys hê nie want ek het een hy is netiie so phênsie nie 😂😂
- 2 groot skorsies, gekook en uitgekrap
- 500 g maalvleis, gaargemaak met die keuse van jou speserye en sout na smaak
- 2 groot aartappels, geskil gekook en fyn gemaak
- 1 medium groot ui, gesmoor saam met maalvleis
- 1 blikkie roommielies
- 1 groot koppie gevriesde ertjies, ontdooi
- 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
- 1 koppie fyn gekerfde biltong
Skep lae in ‘n vuurvaste oondbak (250 x 200 mm) wat gespuit is, die lagie aartappels gevolg deur die maalvleis dan die ertjie en dan die blikkie roommielies gevolg deur die laag skorsie.
Druk elke laag mooi plat en gelyk voor die volgende laag op geplaas word.
Strooi dan die lagie fyngekerfde biltong gevolg deur koppie gerasperde Cheddar kaas bo oor.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180° C vir 45 minute.
Geniet dit was heeerlik saam met koolslaai.
Resep en foto: Gideon en Rinie Louw