GIDEON SE “BACON BITES”
Ek het die ‘bacon bites’ vir myself, my eie resep gemaak en dit is baaaie lekker.
- 600 g repiespek
- 1 koppie bruinasyn
- 1 eetlepel Marmite
- 1 teelepel sout
- 30 ml sojasous
- 30 ml Worcestersous
Meng al die bestanddele behalwe die spek in ‘n groot genoeg glasbak.
Maak die spek repies los van mekaar en pak dit in die sous wat in die bak is en laat staan in die yskas oornag.
Hang die repies op aan biltong hakkies en plaas dit by ‘n waaier wat oor die repies blaas vir twee dae.
En siedaar heerlike ‘bacon bites’.
Nota foto 2:
Ek’t gister die heerlike bacon bites gemaak, ek lief dit, binne ‘n dag en ‘n nag en dis uitgedroog.
Tog te lekker saam met ‘n jinewertjie en tonikum. Die slag het ek net “back bacon” gebruik.
Resep en fotos: Gideon Louw