GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND
- 1 eier
- ½ koppie suiker
- 1 koppie koekmeel
- knippie sout
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 ½ eetlepel asyn
- 1 koppie melk
- 1 teelepel koeksoda
Klits die eier en suiker tot dit lig en romerig is.
Voeg al die ander bestanddele behalwe die koeksoda en melk by en meng goed.
Los die koeksoda in die melk op en voeg by die ander bestanddele.
Giet die mengsel in foelie pannetjies en bak in die varkie oond vir 35 min.
- Sous :
- 1 koppie suiker
- ½ koppie kookwater
- 1 koppie melk
- 4 eetlepels botter
- 1 teelepel vanilla
Verhit alles saam tot kookpunt en giet oor die warm poeding wanneer dit gaar is.
Laat staan rukkie vir die sous om in te trek.
Bedien met roomys of room of vla.
Lekker eet.
Resep en foto Gideon Louw