GIDEON SE AARTAPPEL, KAAS EN SPEK OUDURFIE
Ons is nou onder braaikamer arres en ek het die oudurfie gemaak, ekt mos nou baie tyd. Vroulief is mal daaroor, kyk net daai kaas.
- aartappel wiggies
- olie vir diep braai
- spek repies
- kaas repies
- Jimmy sous
- sout na smaak
Hoeveelhede is na smaak.
Diepbraai die aartappel wiggies (ek het in my rooi pannetjie gebraai tot lekker bruin en bros).
Voeg bietjie sout na smaak by.
Sit elke aartapppelwiggie saam met ‘n moot kaas en draai toe in ‘n repie spek.
Braai op kole tot lekker bros is en smeer met ‘n bietjie Jimmy’s sous.
Geniet as ‘n heerlike voorgereg terwyl die vleis braai.
Resep en foto: Gideon Louw












