GIDEON EN RINIE SE VRUGTEKOEK
My vroulief het die heerlike vrugtekoek gebak. En djeerlik is dit beslis. Lekker niks droog nie.
- Voeg al die bestanddele in ‘n kastrol en kook op lae hitte vir 25 minute:
- 4 koppies koekmengsel
- 2 ½ koppies suiker
- 4 koppies water
- 250 g botter
- 140 g kersies, elk in drie stukkies gesny
- Voeg die die volgende by en laat afkoel:
- 2 teelepels koeksoda
- 2 koppies gekerfde dadels
- Voeg by dit nadat dit afgekoel het :
- 4 koppies gesifte meelblom
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 teelepels gemengde speserye
- 4 geklitste eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
- ½ koppie brandewyn
Meng goed na elke koppie meel wat bygevoeg word.
Voer ‘n broodpan uit met foelie en spuit met spray en cook.
Giet die mengsel in die pan en bak dit in ‘n voorverhitte oond op 140°C vir 3 ure.
Haal uit die oond en giet ‘n halwe koppie brandewyn oor die bo deel en laat staan vir 15 min.
Haal uit die pan en keer dit om en giet nog ‘n halwe koppie brandewyn oor die onderste deel.
Na ‘n week se staan, as dit so lank hou, kan jy nog ‘n halwe koppie brandewyn oorsprinkel.
Draai dit goed toe in foelie en bêre in die yskas, dit kan so baie lank hou.
Resep en foto : Gideon Louw
Category: