Your Recipe Blog

GEWILDE TOEBROODJIESMEER

Recipe by
| Servings: 1 x 750g bottel

GEWILDE TOEBROODJIESMEER

Resep geplaas deur en foto: Heidi van Rooyen
Hier is my toebroodjiesmeer “sandwich spread”.

  • 3 wortels
  • 1 groot ui
  • 1 engelse komkommer
  • 1 elk rooi, groen en geel soetrissie
  • bruinasyn
  • 4 eetlepels suiker
  • sout en peper
  • mayonnaise
  • Kap al die groente fyn soos verkies in ‘n voedselverwerker.
  • Voeg genoeg bruinasyn by om al die groente te bedek en laat staan oornag.
  • Dreineer die asyn af en die groente in ‘n skoon doek, druk al die vloeistof uit.
  • Plaas die groente in ‘n mengbak.
  • Strooi sout en peper oor na smaak en voeg die suiker by.
  • Meng net genoeg mayonnaise deur om alles te bind in ‘n smeer.
  • Bottel in gesteriliseerde bottels.
  • Bêre in die yskas.

Nota:
Dit kan ongeveer 30 dae tot paar maande in die yskas gehou word.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page