GEVULDE SWART SAMPIOENE
Gevulde swart sampioene vir by braaivleis:
- 12 groot swart sampioene, stronkies uitgesny
- 1 huisie knoffel, fyngekap
- 1 houertjie maas- of roomkaas, gewoon
- 1 handvol origanumblare
- botter
- swart peper
- sout
- Ina Paarman se Olive and Rosemay spice
- 250 ml Cheddar kaas, gerasper
- 1 ring Feta
Kap die sampioenstingels, 1 van die sampioene en knoffel fyn en braai tot sag in botter.
Laat koel af.
Meng met 1 houer roomkaas en geur met vars kruie na smaak.
Skep teelepel botter in elke sampioen.
Verdeel die sampioenmengsel eweredig en smeer binne in elke sampioen. Dit moet die sampioen vul.
Sit gerasperde kaas in die res van die holte en strooi fyngekapte pietersielie bo-oor.
Krummel die Feta en strooi oor die sampioene.
Braai oor matige kole todat die kaas gesmelt en die sampioene sag is.
Ek sit dit op ‘n bakplaat. Jy kan dit ook is die oond rooster.
Geniet hom baie. Hy is besonder geurig en altyd ‘n wenner.
Resep en foto: Dricus Bosman