GEVULDE SKORSIE MET ROOMMIELIES
- 1 skorsie, oopgesny
- 125 g spek
- 1 blikkie roommielies
- geproseseerde kaas velletjies
Halveer skorsie en haal pitte uit, kook soos normaal in bietjie sout water.
Braai die gesnyde spek tot lekker bros en voeg die roommielies by.
Wanneer skorsie sag en gaar is, haal uit water en plaas in oondvaste bak.
Skep spekmengsel binne in holtes en plaas een velletjie kaas bo op.
Bak in voorverhitte oond op 180ºC tot kaas gesmelt is.
Dit is bedien saam met aartappels en lams tjoppie wat in Coke gekook is en dan in oond gebak vir ½ uur.
Resep en foto: Karina Theron