GEVULDE SAMPIOENE OP DIE BRAAI
Met die naweek op sy rug en die week op spoed, wil ek graag ‘n reseppie met julle deel wat vir die naweek se braai “gebore” is.
-
5 groot sampioene (hoeveelheid hang af van aantal gaste)
-
8 – 10 eetlepels sagte botter (jy kan margarien ook gebruik)
-
5 eetlepels kaassmeer, geur van jou keuse (ek het cheddar gebruik)
-
½ pakkie spekblokkies
-
Aromat, sout en peper na smaak
-
2 koppies gerasperde Mozzarellakaas
Braai spek in bietjie olie in ‘n warm pan tot bros en plaas eenkant om af te koel.
Verwyder die sampioene se stingels en sny die stingels fyn.
Meng botter, kaassmeer, afgekoelde spekblokkies, Aromat, sout, peper en fyngesnyde stingels deeglik saam in ‘n bakkie. Verdeel nou die mengsel eweredig tussen die sampioene se onderkante. Plaas die sampioene met gevulde kante na bo op ‘n matige vuur en braai tot amper gaar.
Verwyder die sampioene van die vuur af, strooi gerasperde Mozzarellakaas oor, sprinkel bietjie ekstra Aromat oor, indien jy verkies en plaas in baie warm oond (220ºC tot kaas gesmelt en liggies verbruin het.
Nota:
Met die geursel van die vulsel, kan jy geursel van jou eie keuse gebruik en eksperimenteer tot jy tevrede is.
Resep en foto: Elma Venter-Brittz