Your Recipe Blog

GEVULDE ROLLETJIES UIT HOK NO. 8

GEVULDE ROLLETJIES UIT HOK NO. 8

“Hok no. 8 is die braaikamer in Fouchestraat 8. Ek en vroulief maak buns met ‘n baaaaie lekker filling met sampiejoene. Dit was djeeeerlik. Ons het ook tjips in die rooipannetjie gemaak en ek het ‘n tamatiesous crave gehad. Hmmmmm. Ek het met die uitgeholde stukkies bun kroetons gemaak en saam met ‘n bietjie stroop vir nagereg opgedis.”

  • 1 groot ui, grof gekap
  • 4 groot bruin sampioene, grof gekap
  • ½ teelepel rissievlokkies (chilli flakes)
  • ½ teelepel Italiaanse kruie
  • ½ teelepel  knoffelvlokkies
  • ¼ teelepel swartpeper, vars gemaal
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • ½ koppie gerasperde cheddarkaas
  • ½ koppie room
  • 1 x 200 g pakkie stukkies spek
  • 3 ronde rolletjies

Braai ui ‘n bietjie olie tot deurskynend en voeg suiker en balsamiese asyn by en karameliseer.
Voeg spek by en braai tot droog.
Voeg die sampioene en geurmiddels by en prut tot vloeistof afgekook is.
Voeg die room en kaas by en hou warm.
Hol die rolletjies uit met ‘n gat in die middel en verhit op kole.
Skep vulsel in die uitgeholde rolletjies en geniet.

Resep en fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page