GEVULDE POTBROOD
- Deeg:
- 660 ml water
- 2 teelepels sout
- 8 koppies koekmeel
- 2 eetlepels suiker
- 1 x 10 g pakkie gis
- 4 eetlepels bakkunsbotter
- Vir lae:
- boerewors, hoeveelheid na smaak, half gaar (sien foto)
- soetrissiesous, na smaak
- repe spek (sien foto)
- rooiuie, in ringe gesny (sien foto)
- kaas, na smaak
Sif en meng deegbestanddele en knie deeg goed, laat rys.
Deel deeg in vier dele.
Pak ‘n laag deeg in foelie uitgevoerde pot.
Plaas boerewors, vooraf op warm kole geseël, bo-op.
Pak weer laag deeg en smeer soetrissiesous bo-oor, gevolg deur repe spek, uie en kaas.
Pak weer ‘n laag deeg, gevolg deur kaas.
Pak laaste deeg bo-op.
Laat weer rys.
Bak op kole of in oond teen 180 °C tot gaar.
Resep en fotos: Coetzee Neethling