GEVULDE PANNEKOEKE MET MAALVLEIS
- Pannekoek:
- 2 teelepels sout
- 2 liter water
- 4 eiers
- 4 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- ¾ koppie olie
- Maalvleis:
- 1 kg maalvleis
- 1 groot ui, gekap
- 1 eetlepel Worschestershire sous
- 1 groente “stock” blokkie
- 1 bees “stock” blokkie
- 2 ml fyn naeltjies
- 2 ml fyn swart peper
- ½ teelepel Aromat
- 2 eetlepels Smash
- 1 eetlepel Bisto poeier
Skep die mengsel op elke pannekoek, gebruik ongeveer 10 tot 12 pannekoeke, smeer so bietjie plat, rol op en pak styf langs mekaar in ‘n glasbak.
Maak ‘n dun witsous en giet bo-oor.
- Witsous::
- 6 eetlepels margarien
- ¼ koppie koekmeel
- sout en peper na smaak
- 3 koppies melk
- ekstra gerasperde kaas vir bo-oor
Smelt botter in ‘n kastrol. Haal af van die hitte. Roer koekmeel met draadklitser by tot glad.
Plaas terug op medium hitte. Voeg melk by terwyl jy vinnig roer met draadklitser tot sous verdik. Laat 2 minute deurkook tot verdik.
Skep die witsous oor die gevulde pannekoeke.
Rasper kaas oor die pannekoeke en laat net-net smelt in die oond op 180ºC.
Bedien met slaai.
Bon Apetit.