Your Recipe Blog

GEVULDE OONDGEBAKTE “HUBBARD SQUASH”

Cook: ± 45 minute | Servings: 5 - 6 mense

GEVULDE OONDGEBAKTE “HUBBARD SQUASH “

  • 1 medium vars Hubbard Squash pampoen, middeldeur gesny en pitte verwyder
  • Skaapnier-en Maalvleisvulsel:
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 4 skaapniertjies, vliesies en pypies verwyder, in klein stukkies gesny
  • 2 medium uie, fyn opgekerf
  • ¼ rooi en geel soetrissies, ontpit en opgekerf
  • sout, peper en knoffelvlokkies na smaak
  • Canola olie vir gaarmaak
  • 1 pakkie Knorr “Cheesy veggiebake”
  • 1 koppie wit cheddarkaas (of kaas van eie keuse)

Braai die vulselbestanddele, behalwe die “veggiebake” en kaas, saam in bietjie Canola-olie tot gaar. Roer gereeld. Maak die “veggiebake” aan met bietjie koue water en klits goed om klonte wat vorm uit te klits. Voeg die “veggiebake”sous by die maalvleismengsel, kook deur totdat die mengsel bind en nie meer te souserig is nie.
Spuit ‘n mediumgrootte glasbak met “Cook and Spray”.
Voer die bak uit met foelie en laat genoeg foelie oorhang dat die pampoen heeltemal in die foelie toegemaak kan word (dit stoom gaar in die foelie, daar waar dit nie bedek is nie kan die pampoen nog hard en half gaar wees). Plaas die pampoenhelftes in die foelie, skep vol met maalvleis-en-niertjiemengsel en bedek pampoen heeltemal met die foelie.
Plaas in ‘n voorverhitte oond teen 180 ºC (ongeveer 45 minute) en bak tot die pampoen sag, maar nog ferm is. Vou die foelie oop, strooi kaas oor en bak tot die kaas ligbruin is.
Sny in kwarte of agtstes en bedien net so of saam met kapokaartappels. Die skil is dun en sag en dit word saamgeëet. Dis ‘n vullende gereg en genoeg vir so 5 na 6 mense.

Resep en foto’s: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page