GEVULDE KANEELNESSIES
(diabetiese weergawe)
Verhit die oond tot 180°C en spuit ‘n giant muffin pannetjie met spray and cook.
- Nessies (deegdoppies):
- 1 koppie bruismeel
- ¼ teelepel sout
- 2 eetlepels fyn kaneel
- knippie neutmuskaat
- knippie fyn gemmer
- 150 g gesoute botter
- 125 ml room, ongeklits
Klits die meel en voeg die ander droë bestanddele by en meng deur. Vryf die botter in die meelmengsel in tot dit krummels maak. Voeg die room by en maak ‘n stywe deeg (die tekstuur is soos droë koekies se deeg). Voer die pannetjies met deeg uit en druk ‘n paar gate onder in die doppies met ‘n vurk sodat die lug kan ontsnap. Myne het heelwat gerys, ek sal volgende keer droë bone of iets insit om die gaatjies groter te hou. Bak vir 20 na 30 minute teen 180°C, afhangend van jou oond se hitte. Plaas op ‘n droograkkie en bedien warm of koud (myne was lou). Resep lewer 8 groot doppies.
Nota:
Vir ‘n soeter doppie kan 1 tot 2 eetlepels gouestroop by die deeg gevoeg word.
- Vulsel:
- 1 blik 385 g Koo onversoete tertappels
- 1 groot slab Canderel dark chocolate (of een kleintjie per doppie)
- 125 ml room
Rasper of sny met ‘n skerp mes van die Canderel sjokolade binne in die nessie (ek het ‘n halwe klein sjokolade gebruik). Klits die room styf. Vul die doppie verder met tertappels, met room bo-op en laastens die oorblywende sjokolade.
Resep en foto’s: Christelle van Rooyen