GEVULDE JALAPEÑO PASTEIE
- 400 g bottel soet “jalapeño mild cones” (Peppedew is die maak)
- 500 g maalvleis
- 1 medium ui, opgekerf
- kruie, sout en peper na smaak
- 1 rol blaardeeg
- 1 koppie gerasperde kaas (opsioneel maar lekker, ek het uitgelaat weens sinus probleme)
Maak maalvleis en uie gaar en laat effens afkoel, voeg sout, peper en kruie na smaak.
Dreineer die jalapeño cones (hou die asyn as jy dit weer in slaai of iets wil gebruik) en sny elke cone in lengte middeldeur.
Sny die koue blaardeeg in stroke en dan elke strook in 4 x vierkante.
Rek elke vierkant effens en plaas ‘n halwe jalapeño cone in die middel, vul met maalvleis (en kaas as jy verkies) en vou die kante van die deeg na middel en druk mooi vas.
Smeer met eier indien verkies, myne het ek net so gemaak en klomp gaargemaak en ander rou gevries, en hierdie op foto so gevries in oond gesit en ongeveer 20 minute gebak tot goudbruin en degie lekker bros.
Nota:
Resep kan ook met rou gegeurde maalvleis gemaak word, werk net so goed en raak gou gaar.
Resep en foto: Christelle van Rooyen