Your Recipe Blog

GEVULDE EIERVRUG

Recipe by
Cook: +- 1 uur

GEVULDE EIERVRUG

Die bitterheid is gewoonlik by ouer en groter eiervrugte. As ek eiervrug in skywe maak, gooi ek eers sout oor die skywe en laat dit “sweet”. Spoel af, droog af en berei dan voor. Maar hier is ‘n resep vir uitgeholde eiervrug. Hoeveelheid van bestanddele is na gelang van aantal porsies.

  • eiervrug
  • sout water
  • uie
  • knoffel
  • Rosa tamaties
  • botter of olie vir braai
  • sout en peper na smaak
  • gekapte vars basilieblare
  • olyf olie
  • Parmigiano kaas gerasper
  • dennepitte
  • Mikro kruie

Halveer eiervrugte in lengte.
Sny sagte dele uit en sny in blokkies.
Sit uitgeholde helftes in ‘n bak met sout water.
Braai intussen uie en knoffel tot sag in botter of olie, gooi blokkies eiervrug en rosa-tamaties by en braai tot sag.
Geur met sout en peper en lekker vars basilieblare.
Dreineer eiervrug halwes en druk goed droog met handdoekpapier.
Skep die uie vulsel in die eiervrug holtes.
Plaas in oondbak en voeg water in bak tot ongeveer 1 cm hoog.
Sprinkel olyfolie oor gevulde eiervrug.
Bak vir +- 1 uur, of tot gaar, by voorverhitte oond van 180ºC.
Sprinkel Parmigiano, dennepitte, asook mikro-kruie oor en bedien.

Resep en foto: Leatitia Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page