Your Recipe Blog

GEVULDE DEEGWIELETJIES

Recipe by
Cook: 30 minute

GEVULDE DEEGWIELETJIES

Belinda noem dit: “Lui-bas-whatever-ek-het-wieletjies. Bedien soos jy wil, warm of koud. Geniet.”

  • deeg van jou keuse – skilferkors werk goed ek het vetkoek deeg gebruik
  • vulsel kan wees enige iets wat jy het: kaas, ham, sous, speserye na smaak, worsies, spekstukkies,  marmite, kerrie, mayonnaise, rissies ensovoorts.

Rol die deeg dun uit as jy vetkoekdeeg gebruik en smeer op wat jy het, strooi op wat jy het deur te kombineer met wat jy het.
Rol die deeg op. Moenie die rol te dik maak nie dan is die wielietjies groot, mooi klein vinger happies is reg.
Sny soos jy wil, maar sny net mooi versigtig in wielietjies.
Bespuit bakplaat of smeer met botter/kunsbotter.
Pak jou snye op die bakplaat soos jy verkies.
Bak by 180 °C vir 30 minute.

Vandag se wiele op die foto:
Vetkoekdeeg
Branderige pastasous op deeg gesmeer
Ham en kaas gestrooi met sout en peper
Bietjie mixed herbs gestrooi.

Nog ‘n voorstel:
Vetkoekdeeg
Botter en marmite gesmeer
Kaas gestrooi

Net so lekker:
Chilli tamatiesous gesmeer
Garlic en uie gestrooi
Worcestersous

Ek probeer maar elke keer iets anders met wat ek het. Die kids geniet dit.

Jy smeer maar jou sous met ‘n lepel soos pizza (sodat jy nie aan hom wurg nie), ‘n spesery of sout vir bietjie geur en ‘n afronding of 2 vir ‘n bietjie body. Kaas werk altyd goed bo-oor vir ‘n crunch. Jy kan selfs in plaas van sous iets smeer soos room spinasie met Feta.

Resep en fotos: Belinda Derrick Duvenhage

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page