Your Recipe Blog

GEVULDE BOTTERSKORSIE OP DIE KOLE

GEVULDE BOTTERSKORSIE OP DIE KOLE

Hoeveelhede is na smaak.

  • botterskorsie
  • vars brokkoli
  • wortels
  • sampioene
  • murgpampoentjies
  • uie
  • speserye na smaak
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie
  • opgekapte knoffel
  • gewone jogurt
  • foelie

Sny botterskorsie in helfte en verwyder pitte.
Sny die res van die groente op, meng met speserye en olyfolie.
Plaas die groentemengsel in die holte van botterskorsie.
Voeg paar lepels jogurt bo-oor die groentemengsel en rond af met sout en peper.
Vou toe in foelie, plaas op die vuur op matige kole en plaas ‘n paar kole bo-op die foelie ook.
Laat gaar word op die kole.

Resep en foto: Mariska Taljaard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page