Your Recipe Blog

GEVULDE BOTTERSKORSIE IN DIE LUGBRAAIER

GEVULDE BOTTERSKORSIE IN DIE LUGRAAIER

Ek was geïnspireer deur Nicolette Papas se stuffed butternut. Ek het die “air fryer” weergawe probeer.

  • 1 botterskorsie, gehalveer
  • ¼ soetrissie
  • ½ ui, gekerf
  • ½ tamatie, gekerf
  • Feta vir bo-oor

Botterskorsie gehalveer en gekook vir omtrent 20 min.
Kook die groen soetrissie en ui saam  in die kookwater.
Gebruik ‘n gewone tamatie en kerf in blokkies.
Laat die  botterskorsie toe om af te koel.
Skep die binnegoed uit en meng saam met die ander groente wat ook in blokkies gesny is.
Krummel die Feta bo-op. (ek het Feta gebruik wat reeds kruie in het)
Bak in die air fryer vir 6 minute op 180°C.
Bedien saam met hoender wat ook in die lugbraaier gebak is op 180°C vir 20 minute.
Heerlik!

Resep en foto:  Stephanie Kohrs Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page