GEURIGE VARKVLEIS GOULASH
- 15 ml olie
- 800 g varkvleis, in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 2 uie, in ringe gesny
- 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- 30 ml paprika
- 15 ml koekmeel
- 150 ml droë witwyn
- 30 ml tamatiepuree
- 250 ml hoenderaftreksel
- 200 – 300 g aartappels, opgesny
Verhit die olie in ‘n swaarboom kastrol.
Geur die varkvleisblokkies met sout en peper en braai in verhitte olie tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer die uie, soetrissie en knoffel in die olie tot sag.
Voeg die paprika en koekmeel by en roer deur.
Voeg die wyn, tamatiepuree en hoenderaftreksel by en laat kook so 2 min lank terwyl geroer word.
Verlaag die hitte en voeg die vleis en aartappels by.
Laat prut tot die vleis en aartappels sag is.
Voeg nog sout en peper by indien nodig (na smaak).
Resep en foto: Amanda Austen