GEURIGE THAI FRIKKIES MET GRONDBOONSOUS
- 500 g gemaalde beesvleis (Kan mengsel van vark en bees gebruik)
- 1 eetlepel gekapte vars knoffel
- 1 stuk suurlemoengras, baie fyn gekap
- 4 sprietuie, fyn gekap
- 1 eetlepel fyngekapte vars koljander blare
- 2 eetlepels rooi kerrie pasta (koop by supermark)
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 eetlepel vissous
- 1 eier
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 eetlepel suiker
- olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele goed. Maak klein frikkies en vlakbraai in olie.
Dreineer en bedien met Basmati rys en grondbonesous.
- GRONDBONESOUS:
- 1 eetlepel olie
- 1 eetlepel rooi kerriepasta
- 2 eetlepels growwe grondboontjie botter
- 1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 250 ml klappermelk
Verhit olie in pan en braai kerriepasta vir 1 min. Voeg res van bestanddele by en bring tot kookpunt.
Kook stadig vir so 5 min tot dik. Bedien saam met die frikkadelle.
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto: Martie Fourie Moolman