Your Recipe Blog

GEURIGE SUURLEMOENHOENDER

GEURIGE SUURLEMOENHOENDER

  • 1.2 kg hoenderstukke
  • sout en peper na smaak
  • 80 ml water
  • 45 ml witsuiker
  • 20 ml sojasous
  • 45 ml olie
  • ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 100 ml gekapte stingel-uie (spring onions)
  • 30 ml fyn gekapte gemmerwortel
  • 250 g (1 houer) knopiesampioene, in kwarte gesny
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 60 ml witsuiker, ekstra
  • 300 ml hoenderaftreksel, gemaak met 1 ekstrakblokkie
  • 125 ml suurlemoensap
  • 20 ml mielieblom (Maizena)

Voorverhit die oond tot 180 ºC en bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Geur die hoenderporsies met sout en peper en braai in verhitte olie tot goudbruin. Skep uit en rangskik met velkante na bo in oondvaste bak. Kook die water, suiker en sojasous vir 2 minute lank in ‘n klein kastrolletjie en giet oor die hoenderstukke. Plaas eenkant.

Roerbraai die soetrissie, ui, gemmerwortel en sampioene in res van olie in dieselfde pan waarin die hoender gebraai is. Braai tot sag en geurig. Voeg die suurlemoenskil, ekstra suiker, 250 ml van die aftreksel en die suurlemoensap by. Laat opkook en giet oor die hoenderstukke.
Bedek en bak ongeveer 50 minute lank tot gaar. Verwyder die bedekking en bak tot hoender bruin is. Skep hoenderstukke uit in ‘n opskepbak.
Los die mielieblom op in die oorblywende 50 ml aftreksel. Roer by die pansappe en verhit tot sous effens verdik. Giet oor hoenderstukke. Sit voor met rys en groente.

Resep en foto’s:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page