Your Recipe Blog

GEURIGE HOENDER IN SOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 - 90 minute

GEURIGE HOENDER IN SOUS

  • 12 hoenderdye en -boudjies
  • sout en peper, na smaak
  • 2 uie, fyn gekap
  • 1 knoffelvingertjie, fyn gedruk
  • 250 ml water
  • 15 ml kerriepoeier – sterk of matig
  • 3 ml paprika
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml tamatiesous
  • 20 ml blatjang
  • 2 hoenderaftrekeselblokkies, gekrummel
  • 45 ml koekmeel
  • 250 ml pynappelsap

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ‘n oondvaste bak. Geur die hoender met sout en peper en pak in die voorbereide bak. Plaas die uie, knoffel en water in ‘n mikrogolfbestande bak en mikrogolf sewe minute lank, op hoog (100% krag). Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die koekmeel en pynappelsap.
Meng die koekmeel met ‘n bietjie van die sap tot ‘n gladde pasta en roer saam met die res van die sap by die sous in. Mikrogolf drie minute lank op hoog (100% krag).
Roer goed en mikrogolf nog vier minute op hoog (100% krag) tot die sous verdik en gaar is.
Skep die sous oor die hoender en bak 1 – 1½ uur tot gaar.
Bedek met foelie gedurende die eerste helfte van die baktyd en verwyder dit tydens die ander helfte van die baktyd. Bedien saam met rys en groente.

Resep en fotos: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5