GEURIGE BRUINSOUS BÊREMENGSEL
Hierdie poeiermengsel kan jy gebruik om ‘n lekker bruinsous vir jou kapokaartappels, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik.
- 2 pakkies “Hearty Beef Stew” poeier (The Kitchen)
- 2 pakkies “Savoury Instant Gravy” (The Kitchen)
- 1 x 400 g pakkie Knorrox osstert soppoeier
Meng alles saam. Stoor mengsel in ‘n lugdigte houer.
- Gebruik van mengsel:
- 1 groot ui, fyngesny
- 500 ml kookwater
- 3 – 4 opgehoopte eetlepels souspoeiermengsel
- 10 ml Worcestersous
- 10 ml tamatiesous of tamatiepasta
- sout en peper na smaak
Braai die fyngesnyde ui in die wors of vleis se vet tot bruin.
Voeg die kookwater by die gebraaide uie.
Maak die souspoeier met lou water aan in ‘n koppie.
Voeg die aangemaakte poeiermengsel by die gebraaide uie.
Voeg die Worcestersous en tamatiesous of tamatiepasta by.
Geur met sout en peper na smaak.
Kook op stadige hitte tot die sous verdik.
Geniet.
Resep en foto’s: Heleen Brümmer Nel