Your Recipe Blog

GEURIGE BEESVLEISKERRIE

Recipe by
Cook: 3 ure

GEURIGE BEESVLEISKERRIE

Shins werk baie goed in hierdie resep.

  • ±750 g beesbeenskywe (shins), 2 been in en 3 ontbeende bees beenskywe, in blokkies gesny
  • 1 ui, gekap
  • 8 rooi soetrissies, gekap
  • 6 pimento’s / 3 naeltjies / 1 kaneelstokkie
  • 3 ml rys speserye
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 10 ml mosterdsaad
  • 10 ml Worcestersous
  • 200 ml rooiwyn
  • sout en gemaalde peper
  • 10 baba wortels, in die helfte gesny
  • 200 g groenboontjies
  • 1 blikkie tamatie en knoffel, gekap
  • 60 ml “hot” blatjang
  • 30 g appelkooskonfyt
  • 30 ml 11-in-1 kerriemengsel (resep onderaan)

Voorverhit die oond tot 180°C.
Berei die kerriemengsel voor deur die tamatie, blatjang en appelkooskonfyt met die speserye te meng en hou eenkant.
Rangskik die gekapte uie en soetrissies op die bodem van ‘n pot met die vleisstukke bo-op.
Voeg die rooiwyn by, gevolg deur die pimento’s, naeltjies, rys speserye, kaneelstokkie, mosterdsaad, sout en peper. Sprinkel Worcestersous oor, sit die deksel op en plaas vir 1½ uur in die oond.
Voeg die wortels en groenboontjies by, geur met sout en peper en giet die tamatie kerrie-mengsel oor. Verlaag die hitte tot 160°C, sit die deksel op en plaas terug in die oond vir nog 1½ uur of totdat die vleis sag is.
Sit voor op rys.

  • 11-in-1 mengsel – meng die volgende saam:
  • 15 ml borrie
  • 5 ml paprika
  • 5 ml Cayenne peper
  • 7,5 ml gemmerpoeier
  • 7,5 ml komyn
  • 7,5 ml gemengde kruie
  • 6 kardemomsade gekneus

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page