Your Recipe Blog

GEVULDE MURGPAMPOEN

Recipe by
Cook: +- 45 minute

GEVULDE MURGPAMPOEN

  • 1 groot murgpampoen
  • 50 g botter
  • 1 groot fyngekapte ui
  • 2 fyngemaakte knoffelhuisies
  • 500 g worsvleis
  • 3 eetlepels tamatiepasta
  • 1 teelepel oreganum
  • 2 teelepels basiliekruid
  • sout en peper
  • gerasperde Cheddarkaas

Sny die punte weerskante van die murgpampoen af en skil die pampoen met ‘n skerp mes of groente skiller.
Skep die saad uit sodat die hele pampoen uitgehol is.
Smelt helfte van die botter in ‘n kastrol en braai die uie en helfte van die knoffel vinnig vir 5 – 7 minute tot die uie sag en deurskynend is. Voeg die worsvleis, tamatiepasta, oreganum, basiliekruid, sout en peper (na smaak) by en braai oor hoë hitte vir 10 minute terwyl nou en dan geroer word.
Verwyder die kastrol van die hitte en roer 50 g kaas by. Skep die mengsel in die uitgeholde pampoen sodat dit styf vasgepak is.
Smeer die buitekant van die pampoen met botter asook een kant van ‘n vel aluminium foelie. Draai die pampoen in die foelie toe en bak op ‘n bakplaat in die oond by 180ºC vir 45 minute of tot die pampoen sag is en die vulsel gaar is.
Sny die gaar pampoen in ringe, draai die pampoen met gesnyde kant na bo en strooi bietjie kaas bo-op elke ring. Plaas onder die warm rooster tot die kaas gesmelt het.
Bedien warm bo-op ‘n snytjie roosterbrood of soos verkies.

Resep en foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page