Your Recipe Blog

GESTROOPTE NARTJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1.5 uur

GESTROOPTE NARTJIE

‘n Baie besonderse nartjie resep, wat sy oorsprong by Dave Pepler het. My gaste het dit ‘n “weghol wenner” genoem.
Die bestanddele se hoeveelheid is na gelang van eie keuse.

  • 4 nartjies, in 3 dik skywe gesny
  • Stroop:
  • ¼ koppie (62.5 ml) suurlemoensap
  • ½ koppie (125 ml) droë sjerrie
  • kardemom
  • kaneel
  • steranys
  • naeltjie
  • 2 groot eetlepels (30 – 45 ml) heuning

Pak die nartjieskywe in 3 x 4 rye enkel laag in ‘n reghoekige bak.
Meng die suurlemoensap en sjerrie saam en geur dit met die kardemom, kaneel, steranys en naeltjie soos verlang na smaak.
Voeg die heuning by en roer goed deur.
Giet die sous oor die skywe, en bedek met foelie.
Plaas die bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC en bak die nartjieskywe vir 1,5 uur.

Nota:
Ek het die gestroopte nartjies met roomys bedien.

Resep getoets en foto: Betsie Wasserfall

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5