GESTOPTE VARKSTEAKS IN DIE LUGBRAAIER
“Gestopte vark steaks in die air fryer vannaand.”
- 2 vark lende steaks, gesny en uitgehol in die middel
- sout en peper
- Vulsel:
- 3 eetlepels roomkaas
- 3 songedroogde tamaties, gekap
- 5 – 6 groot vars basilikruidblare, gekap
- 1 knoffelvingertjie, gerasper
- ½ wiel fetakaas, gekrummel
Besprinkel die uitgeholde steaks met sout en peper.
Meng die vulsel bestanddele goed saam.
Halveer die vulsel en stop die varksteaks.
Besprinkel ekstra sout en peper bo-oor die steaks en lugbraai die steaks vir 25 minute by 185 ºC.
Rus die steaks vir 10 minute en bedien met groente van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs