Your Recipe Blog

GESTOPTE VARKFILET

GESTOPTE VARKFILET

Ek het vandag ‘n verdwaalde pak varkfilet heel onder in my vrieskas gevind – so vanaand se aandete was heel gestopte oondgebakte varkfillet met blomkool mash en gebraaide kool. Keto/low carb en diabeties vriendelik ook.

  • 1 groot of 2 kleiner heel varkfilette, oopgesny aan die een kant
  • 3 eetlepels roomkaas
  • 1 wiel Feta, gekrummel
  • ½ blok Haloumi kaas, gerasper
  • 3 songedroogde tamaties, gekap
  • 1 eetlepel elk vars pietersielie en sprietuie, gekap
  • sout en peper, na smaak
  • 8 repe repies spek
  • Blomkool (cauli mash):
  • 500 g bevrore blomkool
  • ½ koppie water
  • ½ koppie room
  • sout en peper na smaak
  • Gebraaide kool:
  • ¼ kookool, fyn gesny
  • 2 eetlepels botter
  • knypie neutmuskaat
  • sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele vir die varkfilet saam, behalwe die vark en die spek. Skep die vulsel op een helfte van die vark, en vou die ander kant bo-oor. Draai die spek rondom totdat die filet heeltemaal toegerol is. Plaas op ‘n bakplaat (uitgevoer met bakpapier), en bak 35 – 40 min by 180ºC.

Blomkool:
Kook die blomkool saam met die water en room tot net sag. Voeg sout en peper by en maak fyn met ‘n “stick blender” totdat dit heeltemal glad is. Hou warm.

Kool:
Verhit die botter in ‘n pot en braai die kool vir ongeveer 10 minute.
Voeg die geurmiddels by, braai nog ‘n minuut of wat en hou warm.
Skep die “mash” en kool op die bord, en dan skywe van die varkfilet. Skep van die uitgebakte vulsel en pansouse oor die mash en geniet.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page