GESTOPTE SKORSIES
“Vinnige Sondagaandete wanneer skorsies vir die eerste keer die jaar (in NZ!) in seisoen is….skorsies gestop met spek en spinasie.”
- 2 skorsies, gehalveer
- 125 g spek, gesnipper
- 125 g gevriesde spinasie
- 125 ml suurroom/cremé fraiche
- 75 g roomkaas
- 1 teelepel uiepoeier
- 1 teelepel knoffelpoeier
- sout en peper, na smaak
- 1 koppie gerasperde kaas (Cheddar of Mozzarella)
Kook die gehalveerde skorsies in soutwater vir ± 10 minute tot gaar.
Verwyder die sade en besprinkel met sout. Braai die spek in ‘n pan tot amper gaar.
Voeg die spinasie by en kook/braai vir nog 10 minute.
Voeg die res van die bestanddele by en prut vir vyf minute.
Vul die skorsies met die spekmengsel, sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 15 – 20 minute by 180 °C tot goudbruin.
Resep en fotos: Ilze Jacobs