GESTOPTE SKAAP VETDERM
Ek weet dit is nou nie almal se ” cup of tea ” nie maar ek het gisteraand hierdie skaap vetderm gestop. Dit was heeerlik smaaklik en sappig.
- skaap vetderm, skoongemaak
- Vulsel:
- 500 g bakkie skoongemaakte hoenderlewertjies
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- 1 eetleper worcestershiresous
- 2 teelepels witpeper
- 2 teelepels knoffelvlokkies
- 1 eetlepel sout
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 klein uie gekap
- ¼ gekapte soetrissie
Meng al die bestandele saam en stop die skaap vetderm.
Braai stadig op die kole tot lekker krakerig en gaar.
Resep en foto: Gideon Louw
Category: