GESTOPTE MAALVLEISROL
Ek is baie lief vir maalvleis en het ‘n paar aande gelede gedink oor hoe mens die bestanddeel in iets spesiaal (soos vir Kersdag) kan verander. Toe onthou ek dié resep wat my ma gereeld vir ons gemaak het toe ek nog in die huis was en met ‘n paar veranderinge verander dit gewone maalvleis in ‘n konings dis. Hierdie rol is amper lekkerder koud en dun gesny die volgende paar dae…stop dit met enigiets wat jy het.
En natuurlik is dit keto/low carb/diabeet vriendelik.
- 500 g beesmaalvleis
- 500 g varkmaalvleis (indien nie beskikbaar, gebruik net nog 500 g beesmaalvleis)
- ½ ui, gerasper
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 teelepel selderysout
- 1 teelepel braaisout
- 1 teelepel droë oreganum
- 1 teelepel paprika
- ½ teelepel sout
- 2 teelepel swartpeper
- 1 teelepel witpeper
- 2 eiers, geklits
- Vulsel:
- 6-8 groot skywe gekoopte ham
- 2 koppie baba spinasie
- 1 koppie gerasperde kaas(mozzarella werk goed)
Meng al die vleis bestanddele saam. Voer ‘n plat oondpan uit met kleefplastiek. Sprei die vleismengsel uit oor die kleefplastiek en druk plat. Plaas ham, spinasie en kaas bo-op.
Rol die vleismengsel in die lengte op soos ‘n “swiss roll”.
Voer dieselfde oondpan uit met bakpapier en plaas die vleisrol bo-op, met die naat na onder.
Bak 1 uur by 180°C tot goudbruin en deurgaar. Laat die rol rus vir 10 minute. Sny in skywe en bedien.
Voer dieselfde oondpan uit met bakpapier en plaas die vleisrol bo-op, met die naat na onder.
Bak 1 uur by 180°C tot goudbruin en deurgaar. Laat die rol rus vir 10 minute. Sny in skywe en bedien.
Nota:
Die pienk kleur in die foto is die ham.
*Feta en gesnipperde songedroogde tamatie bo-oor die vulsel is ook heerlik en feestelik!
Resep en foto: Ilze Jacobs
Category: