GESTOOFDE HOENDERMAGIES, -NEKKIES EN -HARTJIES
- 400 g hoendermagies, skoongemaak
- 200 g hoenderhartjies, skoongemaak
- 340 g hoender nekkies, skoongemaak
- 1 ½ ui, opgesny
- 3 knoffeltoontjies, opgesny
- Worcestersous, na smaak
- olie vir baai
- 1 liter water
- 1 teelepel sout
- peper na smaak
- 1 eetlepel braaivleisspeserye, meer indien verkies
- ½ teelepel fyn naeltjies
- 1 tamatie, opgekap
- 1 wortel, geskil en opgesny
- 2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 1 eetlepel kerriepoeier
Braai die uie en knoffel in olie in ‘n pot op die stoof tot mooi bruin, voeg die Worcestersous by na smaak en braai nog ‘n verdere 2 minute.
Voeg die water, sout, peper, braaivleisspeserye en fyn naeltjies in die pot by die uiemengsel en verhit tot kookpunt.
Voeg die hoendermagies met die tamatie by die kookwatermengsel en kook vir 1 uur.
Voeg die hoenderhartjies en -nekkies by die magies in die pot en kook vir ‘n verdere 40 minute.
Voeg die wortel, aartappels en kerrie by en kook ‘n verdere 20 minute of tot die groente sag is.
Ek het dit bedien saam met mieliepap, geniet.
Resep en foto: Maryna Viljoen Kruger