GESTOOFDE BEESSTERT
Lekker saam met rys of kapok-aartappels en ertjies.
- olie vir braai van beestert
- 1,5 kg gesnyde beestert
- 1 ui, gekap
- 4 kruie naeltjies
- 8 peperkorrels
- 1 “chilli beefstock” blokkie of “beefstock” met knippie “dried cushed chillies” speserye
- 4 wortels opgesny
- sout en peper vir na smaak
- 30 ml Maizena
- 50 ml melk
Braai uie, skep dit in ‘n bakkie en hou dit eenkant.
Braai die beesstert.
Voeg uie, wortel, speserye en ongeveer 500 ml water gemeng met die “beefstock” by die beestert.
Kook vir 3 tot 4 ure stadig, voeg nog water by indien nodig.
Na twee ure voeg sout en peper by.
Verwyder kruienaeltjies, peperkorrels asook oortollige vet.
Meng maizena en melk in ‘n koppie.
Voeg die maizenamengsel by die vleis, om die vleissous dikker te maak.
Kook stadig verdere vir 15 minute.
Resep en foto: Linda van der Westhuizen