Your Recipe Blog

GESTOLDE TUNA VORM

GESTOLDE TUNA VORM

My Ma se beste vriendin Tannie Elna is oorlede aan kanker en syt geweldig gesond geleef en geëet, maar by die ding kon sy nooit verby loop nie. Haar smul gesig na ‘n happie sal altyd in my hart voorleef. Hierdie resep het ek gekry by een van my geliefkooste Tannies Tannie Marina. Tannie Marina is nou na jare gekys met Oom Danie wat Tannie Elna se man was. Hoe toevallig kom die sirkel van die lewe bymekaar. Met elke fees is die tuna vorm daar en ons vier steeds haar mooi lewe. Met die foto het ek dit voorgesit by ‘n troue van een van Tannie Elna se jeugkinders vir wie sy baie lief was. Ek hoop dit word deel van jou tafel ook.

  • 2 blikkies tuna, water afgegooi
  • ½ koppie gerasperde kaas
  • 1 medium grootte ui, baie fyn gesny
  • 1 pakkie suurlemoen jellie (80 g), aangemaak met een koppie kookwater – laat effe afkoel
  • 1 sakkie gelatien, vir my onderbewyssyn wat geen meer jellie vertrou nie – ingemeng by die jellie
  • 1 koppie mayonnaise

Meng alles mooi saam. Bespuit ‘n stolvorm en maak die vorm is lekker gespuit.
Skep die mengsel in die voorbereide vorm en laat stol in die yskas.
Dis heerlik saam met daai fancy winkel se soutkoekies.
My probleem is net altyd. Ek weet nie wat om in die gat te sit nie, maar vul die gat met enige iets waarvan jy hou of wat by die tema pas.

Resep en foto: Liezel van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page