GESTOLDE PYNAPPEL- EN KAASRING
- 440 g blikkie fyn pynappel
- 10 g gelatien
- 250 ml room
- sout
- 250 ml fyn gerasperde kaas
- 125 ml strooisuiker
Klits room tot styf.
Voeg die strooisuiker geluidelik by.
Neem die gelatien en ‘n ¼ koppie koue water en mikrogolf vir ongeveer 15 – 30 sekondes, maar moenie dat dit kook nie en koel af.
Voeg die kaas by die room en vou die sout by.
Voeg nou die gelatien by asook die pynappel met die sous by. Vou alles saam tot goed gemeng.
Spuit die tupper-ring goed met Spray en Cook.
Skep die mengsel in die ring, sit die deksel op en laat oornag in die yskas.
Volgende dag keer die gestolde vorm uit op ‘n mooi bord en geniet.
Resep en foto: Rina Smit