GESTOLDE MALVAPOEDING
- 10 ml gelatine
- 45 ml sterk swart koffie
- 125 ml warm water
- 20 malvalekkers
- 120 g baksjokolade
- 250 ml YSKOUE Ideal melk
- 125 ml geklopte room
- 12 Boudoir vingers
Week gelatine in koffie in ‘n dubbel kastrol.
Voeg warm water, malvalekkers en sjokolade by.
Laat stoom tot alles gesmelt is en glad is. Sit in ‘n koel plek tot dit net net wil stol.
Klits koue Ideal melk tot verdubbel in volume.
Voeg sjokolade mengsel stadig by. Vou room in met ‘n lepel.
Skep in gesmeerde ring vorm en plaas in yskas om te stol.
Keer uit op ‘n bord net voor bediening.
Pak halwe Boudoir vingers rondom en vul die holte met vanilla roomys.
Resep en foto: Marlize Williams